Koop Suid-Afrikaans vra president

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het weer ʼn beroep gedoen op inwoners van die land om eerder Suid-Afrikaans vervaardigde goede, sowel as ander produkte, te koop en nie voorkeur te gee aan items wat ingevoer is van elders nie.

Die tekortkoming in die oproep van die president is deur sakelui uitgewys wat sê die kopers publiek sal nie weet wat is eg Suid-Afrikaanse produkte as daar nie ʼn etiket op die produkte aangebring word nie.

Die regering het die beroep op kopers gedoen met die hoop daarop dat meer werksgeleenthede geskep sal word indien die aanvraag na SA goedere toeneem.

Daarbenewens het dit ook ʼn voordeel dat die handelsbalans met ander lande kan verbeter as minder goed ingevoer word.

Dit bring ook ʼn toename aan belastings mee wat voordelig is vir die staatskas, terwyl werkloosheid verminder en meer mense bydraes maak in die vorm van inkomstebelasting en koopbelasting.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die regering oorweging gee aan die inperking van goedere wat ingevoer moet word terwyl soortgelyke items reeds in SA vervaardig of geproduseer word.

Kenners reken dit kan slegs slaags as ʼn intensiewe advertensie veldtog deurlopend gehou word om mense bewus te maak van die voordele van voorkeur aan eie produkte bo ingevoerde soorte.