Kongo president kry groot steun

Die Republiek van Kongo het in die pas afgelope verkiesing, weer gestem ten gunste van die huidige president, wat glo 88% van die stemme gekry het.

Die grootste opposisieparty van die Kongo, Guv Brice Parfait Kolelas, is onverwags oorlede, wat die steun vir die regerende party moontlik gemaak het.

President Denis Sassou Nguesso se verkiesing besorg aan hom die volgende 5 jaar se regering wat glo nie sou wen as die opponent geleef het nie.

Die opposisiepartye het grootliks die verkiesing geboikot, maar die stempersentasie was 68%, wat die 77-jarige president in die kussings hou.

Ingeligte bronne wys daarop die dood van die opposisie party se leier kort voor die verkiesing, die deurslag gegee het vir die president se oorwinning.