Kenia gee VN twee weke tyd

Die Minister van Binnelandse Sake in Kenia, het die Verenigde Nasies twee weke tyd gegee om 4 werkbare oplossing te bied vir die duisende vlugtelinge uit ander lande wat gehuisves word.

Die minister het dit duidelik gemaak dat die VN twee weke tyd het om ʼn voorlegging te doen oor hoe die twee kampe gesluit gaan word.

Die twee vlugteling kampe huisves meer as ʼn halfmiljoen mense, wat hoofsaaklik uit Somalië afkomstig is.

Kenia sê daar is geen ruimte vir verdere onderhandelings nie, en eis nou dat die mense verskuif word uit Kenia waar duisende reeds jare lank woon.

Kenia het die VB gewaarsku om nie in gebreke te bly om die voorlegging te maak nie, want daarna sal die owerheid verplig wees om die mense die land uit te sit.