Kaapstad: Die brekers maak amok

ʼn Voertuig staan in ligte laaie, buitebande brand met hoë vlamme, klip gooi breek vensters en beseer mense, alles op die derde dag van sogenaamde protes in verskeie gebiede van Kaapstad.

Die amokmakers het die strate Donderdag vroegoggend reeds ingevaar en met vuurhoutjies die gebiede bykans onleefbaar gemaak.

Die N2 is reeds vir die derde dag onbegaanbaar gemaak, en die R300 was te gevaarlik om te ry want klippe kan voertuie beskadig en mense dood of beseer.

Die ontwrigting het ontstaan toe een van die mense geslaan is en later dood verklaar is, terwyl polisiebeamptes ernstige beserings opgedoen het terwyl hulle in Kraaifontein die wet en orde wou herstel.