Jemen immigrante se kamp in vlamme

Mense wat probeer het om iewers ʼn werk te kry in die olie-ryke Jemen, is gedood in tydens ʼn massiewe brand in die immigrante sentrum.

Die geweldige brand in die stad Sanaa, het die dood van talle mense veroorsaak, en baie is met ernstige brandwonde in hospitale opgeneem.

Na raming is meer as 170 mense beseer, en ʼn onbekende aantal het omgekom toe die brand ontstaan het en blykbaar gepaard gegaan het met ontploffings.

Die dood van die immigrante, en die baie wat beseer is, het Jemen weer op die voorgrond gebring nadat die moontlikheid van ʼn skietstilstand in die oorlog geteisterde land nie lank geduur het nie.

Aanvanklik is gerapporteer dat agt mense gedood is, maar reddingswerkers het later gesê veel meer het beswyk, en talle wat in hospitale opgeneem is, kan ook beswyk weens die erge brandwonde wat opgedoen is.

Intussen is verneem dat die Saoedi-koalisie magte met aanvalle begin het op die aggressiewe Houthi rebelle, en berigte lui dat dit ʼn verwoestende aanval was wat menige rebelle se lewe gekos het, en baie gewondes is opgemerk.