Is dit SA se grootste rykdom?

Tot vandag is Suid-Afrika ʼn invoerder van energie soos olie en gas, maar die situasie kan moontlik verander, sê ʼn deskundige op die gebied van energie ontwikkeling.

James Formby sê alhoewel groen waterstof nog nie wyd ontwikkel is en genoeg aandag gekry het in die wêreld nie, is dit een van verskeie potensiële vervangers van die huidige fossiel brandstof.

Hy wys daarop dat die waterstof met sy uiters lae koolstof as brandstof nog moontlik die mark kan oorneem.

Groen waterstof word verkry deur die verdeling van water molekules deur elektrisiteit , en Suid-Afrika is volgend hom uitstekend geposisioneer om daarmee sy invoer rekening dramaties te verlaag as groen waterstof as brandstof gebruik sou word.

Wetenskaplikes sê die stryd tussen elektries aangedrewe voeruite teenoor waterstof aangedrewe voertuie is nog in die begin stadium, maar dit lyk of die e-voertuie besig is om die stryd te wen.