Iran volg die pad van diplomasie

Die eerste geluide van Iran om dialoog te voer oor die uraan verrykings program wat tot hede geen positiewe klanke gemaak het nie, kan moontlik lei tot gesprekke.

Die Verenigde Nasies se afdeling vir zAtoom Energie se waghond het rapporteer dat Iran ingestem het tot besprekings oor “uitstaande aangeleenthede”.

ʼn Woordvoerder van Iran sê die regering handhaaf ʼn “roete van diplomasie” en die Internasionale Atoom Energie Agentskap se Direkteur-Generaal, Rafael Grossi sê dat Iran reeds ingestem het vir ʼn ontmoeting met internasionale deskundiges wat ondersoeke doen oor die uranium aangeleentheid wat nog onverklaarde punte het wat wag op verheldering.

Iran het ook aanvaar dat ʼn reeks ontmoetings nodig is met die VN se kernkrag waghond om sekere aspekte “uitgeklaar te kry wat nog uitstaande is”.

Die aankondigings kom terwyl Duitsland, Frankryk en die Verenigde Koninkryk besluit het om te wag met hulle resolusie van kritiek teen Iran wat by die Veiligheidsraad van die VN sal dien.