Iran stel eise aan VSA voor onderhandelings begin

Iran Opperleier, Ayatollah Ali Khamenei, sê dat Tehran nie by sleutel dele van die 2015 kernwapen akkoord sal hou solank as wat die Trump-era se sanksies toegepas word nie.

Hy sê dit is nodig dat die sanksies opgehef word alvorens vordering gemaak kan word met enige samesprekings oor die kernwapen ooreenkoms wat in 2015 aangegaan is.

Ayatollah Ali Khamenei het die eise gestel in ʼn TV program en gesê Donald Trump het ʼn “belangrike misdaad” gepleeg toe hy die 2015 akkoord verbreek het.

Die Iran se staatshoof sê Trump het “die maksimum druk” op sy land gesit, en tot hede het dit niks gehelp nie, en so sal dit bly as die VSA nie sy standpunte verander en alle sanksies ophef nie.

 Kenners is van mening dat Ayatollah Ali Khamenei waarskynlik ʼn morele oorwinning behaal het teenoor die VSA, en dat hy juis die tydelike oorwinning gebruik om eise te stel, al het die VSA ʼn geweldige inpak gehad op Iran se ekonomie.