Hong Kong kommunisme net soos Sjina

Nadat die Hong Kong regering ʼn omstrede en kontroversiële wet aanvaar het wat die polisie veel groter mag gee om op te tree teen die pro-demokrate, het die wêreldstad verander in ʼn bestel soortgelyk as Sina.

Verlede week het die polisie 47 pro-demokrate gearresteer en in selle toegesluit, waarvan slegs 15 op borg vrygelaat is.

Die pro-demokrate se aktiviste word glo vervolg weens beweerde sameswering om ondermynende dade te pleeg, maar wat nou wye reaksie in Westerse lande ontlok het.

Die hof het verlede week in ʼn marathon sitting die gearresteerdes skuldig bevind, maar die verhoor gaan voort terwyl die borg aansoeke geweier is behalwe vir 15 wat op borgtog vrygelaat is.

Inligting oor die verloop van die hofsaak word beperk aangesien Hong Kong nou ook streng media beheer toegepas word.