Hierdie kusdorpie moet stad word

Die Departement van Samewerkende Regering se direkteur-generaal, Avril Williamson, het glo te kenne gegee dat lang vooruit beplanning gestel is dat die ontwikkeling van die kusdorpie port St Johns tot n stad ontwikkel gaan word.

Sy sê die vooruit beplanning is met die distrik Ontwikkeling Model as ʼn sleutel element gesien weens die groot potensiaal van die dorpie.

Williams het die opmerkings gemaak tydens ʼn geleentheid van Port St Johns se plaaslike munisipaliteit se strategiese beplanning sessie wat sy bygewoon het namens Minister Nkosazana Dlamini-Zuma.

Die kusdorpie met sy nagenoeg 8,000 inwoners beskik nie oor die inisiatief of kennis om die dorp te ontwikkel nie, en ingeligte bronne sê die dorp is reeds 25 jaar lank aan die agteruit gaan, en weet nie watter moontlikhede Williams na verwys wat van die dorp ʼn stad gaan maak nie, veral as die toerisme bedryf nog nie daarin kon slaag om dit ʼn groot aantrekkingskrag vir buitelandse besoekers te kon maak nie.