Graderings agente waarsku SA

Die graderings agentskap Standard & Poor het die Suid-Afrikaanse regering gewaarsku dat die 2021 begroting nie fokus op ekonomiese hervorming nie, en dit kan noodlottige gevolge teweegbring.

Die gebrek in die begroting van Minister Mboweni sal veroorsaak dat volhoubare herstel onwaarskynlik is, en ontleders in Suid-Afrika is dit eens met die agentskap.

Daar bestaan wel tot ʼn mindere mate nuwe momentum om hervorming te bewerkstellig, maar dit is veels te min terwyl Mboweni se begroting meer op fiskale beheer neerkom, eerder as om konstruktiewe strukturele hervorming toe te pas, sê die graderings agentskap.

Kenners sê daar is dus geen rede om te verwag dat ʼn volhoubare herstel in die groei van die land se ekonomie gaan plaasvind nie.

Terwyl Suid-Afrika in ʼn rommelstatus verkeer, bestaan die moontlikheid dat verdere afgraderings kan volg weens die gebrek aan dinamiese hervormings planne.