Gevaar in nuwe Alkohol vrye bestuur wet

Deskundiges in die Suid-Afrikaanse  Automobile Association (AA) het hewige beswaar aangeteken teen die beoogde nuwe regulasie wat sal bepaal dat ʼn 0% alkohol inhoud vereis word vir mense wat motor bestuur.

Die sogenaamde zero-inhoud word uitgewys as uiters gevaarlik, aangesien daar ook ander voedsel soorte is wat geringe persentasie alkohol bevat, maar wat die voertuig bestuurder in die tronk kan laat beland.

Die voorgestelde verandering wat ingesluit gaan word in die Nasionale Pad Verkeer Wysigings Wet is tans in die parlement vir oorweging.

Die wysiging verander die huidige alkohol in die bloed se 0,05% per 100 mm na 0,00 per 100 mm en die die asem toets konsentrasie van 0,24 gm per 1,000 ml na zero.

Die AA het in die parlement daarop gewys dat die huidige toelaatbare alkohol vlakke geen gevaar is op die pad nie, en deur dit na zero te verminder gaan geen verskil maak nie.

Die AA wys ook daarop dat baie padongelukke gebeur met voetgangers wat te veel gedrink het, maar hulle word nie as “drink en bestuur” persone behandel nie.