Geleidelike styging in virus infeksies

Onafhanklike navorsers het bevind dat daar ʼn geleidelike styging in nuwe infeksies ondervind word in Suid-Afrika.

Die bevinding is gebaseer op ʼn week-tot-week grondslag, wat n gemiddelde van 2% styging aandui wat betref nuwe infeksie gevalle.

Alhoewel daar dele van die land is waar die nuwe infeksies werklik tot ʼn laagtepunt gedaal het, is daar streke waar hernude uitbarstings plaasvind, wat as wesenlike gevaar beskou word vir die hervatting na die derde pandemie wat verwag word in April.

Ernstige kommer bestaan oor die nadraai wat kon volg op die Paasnaweek wat vanjaar vroeër is, en wel in die eerste naweek van April.

Dit is bekend dat dit een tyd van die jaar is waar die paaie baie besig word, en mense oor-en-weer wil saamwees, terwyl ander die see en vakansie oorde opsoek met ʼn geneigdheid om die maatreëls soos maskers, afstand, en gereeld was verontagsaam word.