Geld wat stom is, en rond daarby

Die regering is besig, vir jare al, om eenvoudig geld te spandeer asof dit die weduwee se kruik is wat nooit sal opdroog nie. Covid-19 het behoorlik die hekke oopgemaak.

Die Wes-Kaap het tot datum meer as R1,9 biljoen spandeer  aan Covid-19 terwyl die openbare sektor R3 miljoen spandeer het. Die Departement van Hoër Onderwys Wetenskap en Innovering het reeds R69,4 miljoen spandeer op navorsing rondom Covid-19 in 19 verskillende projekte.

Blade Nzimande het nou aangekondig dat nog miljoene ingepomp gaan word aan ‘n Wetenskap en Tegnologie Universiteit met die hoofsaaklike doel om entstof te produseer vir toekomstige pandemies . Intussen word die R350 per maand toelaes aan werkloses uitgebrei tot die einde van 2021.

Ekonome het reeds gewaarsku dat Suid Afrika se skuldlas besig is om sy bron van inkomste te oorskry.