Franse wil satelliete beskerm

Die Franse se militêre afdeling vir ruimte beskerming is besig om oefeninge te doen met die doel om sy satelliete in die ruimte te beskerm teen vyandelike magte.

Die doel is om nuwe metodes te vind om te verseker dat dreigemente van vyandelike lande nie uitgevoer sal kan word om satelliete aan te val nie.

Met die nuwe projek wil Frankryk sy betrokkenheid in die ruimtevaart verhoog om te styg tot die derde grootste mag in die ruimte.

Die Franse Ruimte Mag is in 2019 opgerig en het gegroei tot ʼn beduidende faktor in die tegnologiese omgewing van ruimtevaart, en beoog om sy uitbreiding te versnel tot 2025 om dan reeds ʼn span van 500 deskundiges op sy personeel te akkommodeer.

Die eerste militêre oefening in die ruimte is die afgelope week lanseer wat die moontlikheid van satelliet verdediging en ander verdedigings toerusting evalueer.