Franse premier sterf in ongeluk

Die Franse Eerste Minister, Olivier Dassault, het omgekom in ʼn helikopter ongeluk, en die 69-jarige was die seun van die wêreldberoemde industrialis, Serge Dassault van Frankryk, wat die grootste verdedigings maatskappy in sy land opgerig het.

Olivier Dassault was nie net die land se premier nie, maar ook ʼn welbekende miljardêr wat bekend was vir sy gematigde-regse politieke standpunte.

Die Dassault familie is ook die eienaars van die invloedryke, konserwatiewe koerant, Le Figaro, wat reeds vir baie jare as een van Frankryk se toonaangewende koerante is.

Olivier Dassault is in 2002 verkies tot die Franse Laerhuis van die Parlement, en is in die kabinet van president Emmanuel Macron opgeneem as premier van Frankryk.