Franse kuswag red tientalle immigrante

Die Franse kuswag het vasgestel dat ʼn aantal klein bootjies met immigrante  in die moeilikheid beland het terwyl hulle onderweg na Brittanje was.

Die bote was reeds ʼn ent weg in die Engelse Kanaal toe die rowwe see die bote laat dobber het, en kon enige oomblik omgekeer word.

Die kuswag het die voorval opgevolg en 72 immigrante van ʼn gewisse water dood gered, waarvan 11 kleiner kinders is.

Die immigrante is almal gered en na die Franse hawe van Calais geneem vanwaar hulle blykbaar vertrek het om na Brittanje te vaar.

Later die dag het ʼn ander Franse skip nog 34 immigrante opgepik wat ook onderweg was na Brittanje, en is ook teruggebring na Calais.

Die Franse owerheid sê daar is ʼn duidelike toename in voorvalle van immigrante wat met klein bootjies poog om Brittanje te bereik te midde van die uiterste gevaar wat dit inhou.