Franse dokters waarsku – hospitale oorlopens vol

Dokters in Parys het ernstig gewaarsku dat die Franse hoofstad se hospitale besig is om oorvol te raak en daar is geen aanduiding dat die nuwe infeksies aan die afneem is nie.

Die geneeshere sê die toestand is bereik dat hulle nie meer behoorlik aandag aan al die koronavirus pasiënte kan gee nie en dat versterkings uiters noodsaaklik is.

Hulle sê die fokus het verskuif na die koronavirus infeksie pasiënte, en die ander wat ewe noodsaaklike aandag moet kry, word nie na behore gedoen nie.

Dokters en verpleegpersoneel word verplig om nou te kyk na die pasiënte wat hulle aandag die dringendste nodig het, wat ʼn ongesonde toestand is, en vra dat die owerheid maatreëls moet tref om meer gesondheidsdiens werkers vir Parys beskikbaar moet stel.

Die dokters is ook ontevrede omdat president Emanuel Macron weier om strenger inperkings maatreëls in te stel ten einde die aantal nuwe infeksies te beperk.