Frankryk blind vir volksmoord

ʼn Deskundige kommissie van ondersoek het bevind dat Frankryk deels verantwoordelik is vir die Rwanda volksmoord, en sê die Franse kon meer gedoen het om die moorde te stop in die land.

Meer as 500,000 Tutsi en aktiewe politieke figure van die Hutus  is vermoor  in die volksmoord, en ʼn Franse verteenwoordigers het in die twee jaar waargeneem wat in die jare 1994 en daarna in Rwanda gebeur het.

Na raming is meer as 800,000 mense gedood en verslae dui daarop dat Frankryk “swaar en oorweldigend verantwoordelik is” weens die feit dat hy “blind” was vir die gebeure wat aanleiding gegee het tot die massa moorde.

Kenners wys daarop dat die moontlikheid bestaan dat misdaad teen die mensdom as beskuldiging teen Frankryk ingestel kan word, met ernstige gevolge vir die regering van president Macron, alhoewel hy toe nie aan bewind was nie.