Fop-entstof in Germiston gevind

Ondersoekers het honderde dosisse fop-entstof vir Covid-19 koronavirus gevind in Germiston wat klaarblyklik die land ingesmokkel is.

Die ontdekking volg kort nadat verskeie lande soortgelyke ontdekkings gemaak het wat ʼn ernstige waarskuwing aan inwoners stuur om nie te betaal vir entstof wat deur privaat instansies gebied word nie.

Met behulp van Interpol is ʼn wêreldwye waarskuwing uitgestuur om te verseker dat mense nie in die nuwe bedrogspul ingesleep word nie.

Die beamptes het beslag gelê op sowat 2,500 dosisse van die fop-entstof asook op fop-maskers nadat hulle drie Sjinese gearresteer het wat betrokke is by die onwettige entstof.

Interpol het intussen ook waarskuwings uitgestuur dat die moontlikheid bestaan van geregistreerde entstof van erkende vervaardigers wat in die smokkel handel beland het.