Filippynse weermag dood terroriste leier

Die Filippynse weermag het bekend gemaak dat hulle daarin kon slaag om talle Indonesiese gyselaars kon red en in die proses die terroriste leier gedood.

Die terroris, ene Apo Mike, wat leier is van die Abuy Sayvaf terroriste groep, is verantwoordelik vir die honderde mense wat van tyd tot tyd ontvoer is.

Die Abu Sayvaf wat verbonde is aan die Islamitiese Staat terroriste is sedert 2014 bedrywig in die Filippyne, maar die weermag het besluit om die terroriste se bedrywighede te stop en in die aanval is die leier ook doodgeskiet.

Majan Sahidjuan, wat algemeen as Apo Mike bekend is, is in die voorval gewond deur die soldate, en is later dood gevind weens bloedverlies.

Die woordvoerder van die weermag sê die groep terroriste het op die vlug geslaan, maar verskeie lede is in die proses doodgeskiet.