Eurovision weier deelname van Belarus

\“Eurovision” die wêreldbekende sang kompetisie platvorm van Europa se organiseerders het in sy mees onlangse deelname van honderde kunstenaars, die deelname van ʼn sanggroep uit Belarus geweier.

Die optrede van die organiseerders hou direk verband met die onwettige regering van Belarus se President Alexander Lukashenko.

Die president is vir n sesde termyn verkies nadat ʼn grootskaalse verkiesingsbedrog bekend geword het, maar die president sê hy is met ʼn meerderheid van 80% verkies.

Miljoene mense het na die video opname van die Belarus sanggroep gekyk wat op die webtuiste van Eurovision was, en die organiseerders se weiering om die groep se sang as inskrywing te aanvaar vir die kompetisie, het nou ʼn kontroversiële saak in die media geword.

 Die sanggroep se lied, “I’ll teach you” het bygeval vind by menige kyker, maar die organiseerders was vasbeslote om nie die inskrywing te aanvaar nie.