Europeërs wantrou AstraZeneca entstof

In ʼn wye ondersoek en meningspeiling onder Europeërs is bevind dat die AstraZeneca entstof teen die koronavirus toenemend gewantrou word vir sy doeltreffendheid.

Die opname is gemaak op ʼn tyd toe verslae die lig gesien het dat die entstof wel gekoppel kan word aan die ontstaan van bloedklonte na toediening.

Alhoewel die argumente ten gunste van die entstof onder mense bekend gemaak is, het dit nie die wantroue besweer nie.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het onlangs gesê die entstof het meer voordele en kan gebruik word om die krisis van ʼn tekort aan entstof verlig.

Argumente is ook aangevoer dat miljoene mense ingeent word met die entstof, en slegs sowat 60 mense het bloedklonte opgedoen.

 Die opname toon dat die grootste aantal Europese lande nou geen vertroue in die entstof het nie, uit vrees dat hulle ook as slagoffers met bloedklonte kan word.

Die opnames wat gemaak is deur die Britse firma YouGo het getoon dat die meerderheid inwoners van die grootste Europese Unie se lidlande, soos Duitsland, Spanje, Frankryk en Italië nie enige waarde heg aan die entstof nie.