EU verwag miljoene dosisse entstof

Die Europese Unie verwag ʼn massiewe invloei van koronavirus entstof vanaf Aprilmaand, en die verwagting is dat 100 miljoen dosisse per maand gelewer sal word.

Die 27 lidlande van die Europese Unie is in afwagting om die entstof te ontvang en verdere momentum te gee aan die immunisering veldtogte wat reeds begin het in die lande.

Intussen word berig dat lande soos Duitsland en Oostenryk, asook die Skandinawiese lande, die grendel maatreëls verslap het en die inenting op volle stoom het.

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê sy verwag ʼn reuse klomp entstof in April wat groot momentum aan inenting veldtogte sal gee.

Sy sê sy verwag 100 miljoen dosisse per maand, om tot 300 miljoen te ontvang in die komende maande tot Junie.

 Die EU het erge kritiek gekry oor die hantering van entstof bestellings, en talle lidlande het hulle misnoeë te kenne gegee toe entstof nie gelewer is soos wat onderneem is nie.