Eskom ondersoek rassisme

Die staatsentiteit wat beskou word as ʼn bankrot krag voorsiener, se Hoof Uitvoerende beampte, Andre de Ruyter, is glo die skyf  weens rassisme in die onderneming.

Die Raad van Direkteure het glo besluit om ondersoek in te stel oor beweerde rassisme wat  De Ruyter g;o die skuldige maak omdat hy glo van anderskleurige werkers moes skors.

Die Raad sê in ʼn verklaring dat ondersoek gedoen word na die bewerings wat in die openbaar gemaak is teen die Uitvoerende Hoof, wat as rassisme bestempel is.

Eskom se Raad sê n aantal persone sal aangewys word om die voorval te ondersoek waarna verwys is, en sal wag vir ʼn verslag voordat enige verdere optrede oorweeg word.

ʼn Staande Komitee in die parlement het ook besluit om ondersoek te doen na die bewerings, en sal glo hul bevinding aan die parlement bekendmaak.