Eskom keuse: Satan of duiwel

Korrupsie, wanbestuur, onbekwaamheid, baantjies vir boeties, en veel meer benamings kan gebruik word om die R464 miljard as rede vir die skuldlas van Eskom aan te voer nie.

Maar wat ook die rede vir die skulde is, dit het die Suid-Afrikaanse Nasionale

Skatkis in die diep blou see gelaat, want daar moet besluite geneem word oor hoe hierdie skulde betaal gaan word.

Die keuse is ingewikkeld, maar ook redelik eenvoudig, sê ekonome wat die gedoente volg.

Eskom Holdings se miljarde in skulde kan glo in ʼn “spesiale doel” voertuig oorgeplaas word, ok met tyd “afbetaal te word”, of dit word noodsaaklik dat die staat die skulde as hulle verantwoordelikheid aanvaar om geleidelik afbetaal te word.

Die keuse laat egter geen wesenlike verskil te bring nie, word gesê, maar wat die besluit is waaroor daar tans gehuiwer word, die uitkoms is dieselfde – dit is die duiwel of dit is satan.