Ernstige kommer oor HIV en TB in SA

Belanghebbendes in die geneeskunde wat gemoeid is met die behandeling van HIV en TB pasiente, het hulle ernstige kommer uitgespreek oor die toedrag van sake weens die koronavirus pandemie.

Volgens woordvoerders van die HIV afdeling, het die konsentrasie van behandeling skipbreuk gely weens die Covid-pandemie wat feitlik almal se aandag verskuif het en die versorging van HIV pasiënte sowel as TB pasiënte, agter gelaat het.

In die afgelope jaar het TB met 21% toegeneem in die Weskaap, en die algehele toename in die land is na bewering reeds meer as 25%.

Die pasiënte het nie gereeld hulle behandeling ontvang nie weens die Grendel inperkings wat selfs beweging na klinieke verbied het, terwyl baie pasiënte te bly was om nie weer behandeling te kry nie.