Entstof: Russe eis verskoning van EU

Die Russiese entstofvervaardiger wat die Spoednik V koronavirus entstof vervaardig, het ʼn beroep gedoen op die Europese Unie se regul;eerders om verskoning an te bied namens die instansies wat die entstof afgemaak het met opmerkings dat dit “Russiese roulette” is om die entstof te gebruik.

Dit volg nadat lande soos Italië wat nie bereid is om te wag vir die EU se voorraad nie, ʼn bestelling onderteken het by die Speodnik V vervaardigers.

Spoednik V enstof is reeds in verskeie lande van Europa in gebruik geneem weens die stadige lewering aan die Europese Unie, en dit het tot gevolg dat die Russiese vervaardiger nou eis dat sy maatskappy ʼn verskoning mag eis.

Die Speodnik V vervaardiger het sy ontevredenheid luidkeels aangekondig toe senior medici in die EU die entstof vergelyk het met die “dobbelspel” van Russiese roulette”.

Lande soos Hongarye, Italië, die Tsjeggiese Republiek en Slowakye het reeds van Rusland se produk gebruik in hulle veldtog teen die koronavirus, en het die Spoednisk V eers onderwerp aan toetse, maar gou gevind dat die produk doeltreffend is.