Energie krisis kan opgelos word

In ʼn onlangse verslag oor die toekomstige optrede wat Suid-Afrika behoort te volg, word aangetoon dat die krisis om elektrisiteit op te wek, aansienlik beter is as wat die huidige beplanning is.

Die regering klou van aan Eskom, die stat se bankrot entiteit, waarvoor miljarde Rand nodig is om die plek staande te hou.

Deskundiges het in ʼn verslag gewys op die geweldige voordeel wat Suid-Afrika het as hy wind energie aanwend wat in die seegebied van die land opgerig word.

Volgens die verslag sal daar genoeg wind wees om meer as agt keer die hoeveelheid krag op te wek as wat tans benodig word.

In ʼn ander verslag word daarop gewys dat die regering ook die krisis kan verlig deur alle nuwe woonhuise wat gebou word, te verplig om ook sonpanele te kry wat minstens 50% van die huishouding se kragverbruik sal verskaf.

Die verslag toon ook dat die baie wind wat aan die kusgebiede waai, die ideale toestand is om windkrag optimaal te benut. Die voordeel is dat oprigting van die wind eenhede stelselmatig gedoen kan word soos wat fondse beskikbaar is, en met verpligte installering van sonpanele op nuwe woonhuise, behoort Suid-Afrika binne een dekade ontslae te wees van steenkool besoedelings deur Eskom se kragstasies.