Ekwatoriaal Guinee geskud in ontploffings

Die grootste stad Bata, in Ekwatoriaal Guinee, is gister in ontploffings geskud wat inwoners met paniek gevul het en die strate in moes vlug uit vrees vir wat gebeur.

Die owerheid in die stad het die dodetal op sowat 30 gestel nadat minstens vier erge ontploffings, die een na die ander, chaos veroorsaak het in die sentrale deel van Bata.

Kenners sê die vier ontploffings, waarvan die oorsprong nog nie bekend is nie, het later getoon dat 98 mense omgekom het, terwyl ʼn onbekende aantal beseerdes in hospitale opgeneem moes word.

Die massiewe ontploffings is later deur die land se Minister van Gesondheid bevestig en hy het bygevoeg dat vrywilligers behulpsaam geraak het om die liggame te verwyder en die beseerde mense by te staan tot ambulanse hulle na hospitale kon vervoer.

Voorlopige opnames toon dat meer as 60 mense in hospitale opgeneem is, en reddings werkers probeer nog vasstel of daar nie nog beseerdes is wat hulp benodig nie.