Ecuador vulkaan raak gevaarlik

Die lugruim in die omgewing van die Chimboraz provinsiale se hoofstad Riobamba is bedek met rook en as wat die sigbaarheid verdonker tot sterk skemer.

Die stad is minder as 50 kilometer weg van die vulkaniese gebergte, en die rook en as het so hewig geword dat dit ernstige gesondheid gevare inhou vir die stedelinge.

Die vulkaan het sedert 2019 baie aktief geword, en die huidige toestand is sodanig dat die vulkaan sy as en rook byna 9 kilometer hoog die lugruim in blaas, wat dan neersif oor ʼn wye gebied.

Die afgelope paar weke het die vulkaan toenemende aktiwiteite getoon wat die vrees laat ontstaan dat ʼn erge vulkaniese uitbarsting van kokende lawa verwag word.

Die vulkaniese berg is geleë in die sentrale gebied en word omring deur groot woude, en indien die lawa uitbarsting sou plaasvind, kan baie groot dele van die woude beskadig word.