E-tol wanbetalers kan lisensie verloor

Die owerheid gaan voort met die funksionering van die e-tol stelsel, ongeag die feit dat meer as 80% van die snelweg gebruikers nie hulle e-tol rekenings betaal nie.

Sanral het egter die afgelope naweek bekend gemaak dat wanbetaling van e-tol rekenings kan lei tot ʼn situasie waar die voertuig bestuurders nie hulle motorvoertuig bestuurslisensie hernu sal kry nie.

Sanral is glo reeds besig om ʼn wettige raamwerk op te stel wat sal toelaat dat ʼn wanbetaler van e-tol gelde, nie sy bestuurslisensie sal hernu kry nie, wat natuurlik deur die kantoor waar bestuurslisensies uitgereik word, geblok sal word tot tyd en wyl die rekening betaal is.

Kenners wys daarop dat die reëling ook sy nadele inhou. Baie foute gaan insluip van mense wat intussen wel hulle rekenings betaal het, maar nie ʼn lisensie kan kry nie weens administratiewe foute wat gemaak kan word.

Die grootste bron van kommer is egter dat mense steeds kan weier om e-tol rekeninge te betaal, en dan sonder bestuurslisensie voortgaan, wat weer kan lei tot algehele chaos in die lisensie kantore.

Sanral kon egter nie sê wanneer die nuwe stelsel in werking sal tree nie, en die verset teen so ʼn stap word deur voertuig eienaars as onwettig beskou.