E-tol kan afgeskaf word

 Gauteng se gesaghebbende, Jacob Mamabolo, het in ʼn verklaring gesê sy departement beskik oor die antwoord om die e-tol stelsel te vervang met ʼn nuwe skema.

Tydens ʼn onderhoud met die media het Mambolo gesê die plan is gebaseer op die voorstel wat voorheen geopper is deur tegniese deskundiges.

Volgens Mambolo is die modelle wat beskikbaar is so saamgestel dat dit feld genereer wat veel meer is as wat tans deur die e-tol stelsel finansieel geteiken is om te bereik, en beskerm intussen ook die publiek van uitgawes uit hulle beurse.

Die verskillende modelle is aan die owerheid voorgelê, maar tot hede is geen reaksie aan die kant van die regering ontlok nie.

Die voorstelle wat aan die regering gestuur is, en waarop geen reaksie ontvang is nie, is egter ook nie bekendgemaak aan die publiek nie, en behoort die regering gewaarsku te word dat hulle kan verwag dat die voorstelle openbaar gemaak sal word as daar nie reaksie kom nie.