Duitsland: Regse AFD besoek Rusland

ʼn Afvaardiging van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD) het besoek gebring aan Moskou waar ʼn ontmoeting met senior politici van die Kremlin plaasgevind het.

In ʼn media verklaring sê die AFD dat hulle hulself ten doel stel om die betrekkinge met Rusland weer te normaliseer, veral in die lig van die huidige sanksies teen Rusland.

Streeks leier Alice Weidel en twee ander senior parlementslede en leiers van die AFD se besoek aan Moskou word met belangstelling dopgehou deur die Merkel regering wat tans geen goeie verhouding met Moskou het weens die Navalny gebeurtenis nie.

Die streeks verkiesing wat volgende naweek gehou word is belangrik vir die AFD, en ʼn beter verhouding met Rusland is ʼn redelike algemene gevoel onder die Duitse kiesers.

 Die nasionalistiese AFD het groot opgang gemaak tydens die vorige landswye verkiesing toe Kanselier Merkel en haar Christen Demokrate Unie in onguns geraak het weens die “oop deur” benadering wat duisende vreemdelinge die land laat binnestroom het.