Duitse polisie nou ontslae van regses

In Duitsland was miljoene mense begaan oor die betrokkenheid van sogenaamde ver-regses wat in die polisiemag is.

Die teenwoordigheid van die nasionalisties gesinde mense as polisie beamptes, is deur die Merkel-regering as ongewens bestempel, en opdrag is gegee om ontslae te raak van alle moontlike regse elemente in die diens.

Die regering beskou die sogenaamde ver-regses as ekstremisties en die polisie moet meganismes in werking stel om ontslae te raak van die elemente.

Die polisie het die afgelope week verklaar dat die opdrag ten volle uitgevoer is en dat alle regse elemente uit die polisiediens is.

Vroeer is bevind dat die polisiemag ʼn netwerk van ver-regse polisiemanne het, wat die beeld en werk van die polisie en die regering nadelig raak.

Onbevestigde berigte dui daarop dat sowat 270 persone geidentifiseer is as ver-regses, waarvan ʼn aantal administratiewe personeel is, maar wat ook uitgeskakel is en nie meer diens doen nie.