Duisende kinders nog nie geplaas in skole

Die Departement van Onderwys kon nog steeds nie daarin slaag om duisende leerders in skole te plaas te te midde van vroeëre beloftes dat alle leerders betyds geplaas sal word in skole.

In die Wes-Kaap is sowat 7,400 leerders nog steeds sonder ʼn skool klaskamer, en in ander provinsies is daar ook kinders wat nog geplaas moet word, maar wat tuis sit en wag vir die Departement.

Die Departement word ernstig verkwalik aangesien die maande van grendel tyd voldoende geleentheid gegee het om skole en onderwysers ingestel te kry om kinders betyds te plaas.

Meningsvormers en opvoedkundiges lê die onaanvaarbare toestand direk voor die deur van die Minister van Basiese Onderwys, wat nie haar werk betyds aangepak het nie.

Berigte is ontvang van baie skole wat nie heropen het nie weens ʼn tekort aan beskerming toerustings soos maskers en sanitasie middels.