Diewe stroop boere se oeste

Diewe kom snags in die boord waar rye en rye avokado bome staan, swaar gelaai aan vrugte wat eersdaags geoes gaan word, maar dan word bome verniel in die gulsige haas om die bakkie te oorlaai en weg te ry om sy gesteelde vrag te verkwansel langs die strate van die dorpe en stede.

Een van Tzaneen se voorste avokado produsente het erge las van diewe wat bakkie vragte avokado’s in die nag wegvat en dan vernielde bome agterlaat.

 Baie van die vrugte word op straathoeke verkwansel, aansienlik goedkoper as in die winkel, want die kosprys is relatief laag en die verkoopprys is feitlik skoon wins. Die kopers is die inwoners van die dorp, en hulle sterk die diewe in hulle kwaad deur dit te koop.

Een boer in die Tzaneen omgewing verloor jaarliks meer as R20 miljoen aan inkomste en was verplig om blankes aan te stel om sy boorde te bewaak gedurende die nagte. Dit kos wel duisende Rand per maand aan salaris en bykomende verblyf uitgawes, maar dit is veel goedkoper as om die skade van diewe te dra.