Die Zuma-Ramaphosa eindspel kom in fokus

Die Ramaphosa-presidentskap was destyds geloof as SA se tweede rennaissance.

Hy is beskou is die spreekwoordelike terugkeer na die “waardes en ideale van Nelson Mandela”.

Die ontplooiende drama rondom die Zondo kommissie en die finale en SIGBARE ineenstorting van gelykheid voor die reg bring die eindspel in duidelike fokus.

Die vergrype neem sulke afmetings aan dat selfs linkse spreekbuise en prominente, self-aangestelde burgerregte waghonde nie meer kan lieg dat SA ʼn “regstaat” sou wees wat beskik sou oor ʼn “eersteklas grondwet” nie.

Die keuse van Ramaphosa in 2017 was altyd met slegs één doel:

Om die sigbare korrupsie toe te smeer en die ANC se beeld opnuut te poets as gewer van “vryheid” – natuurlik sonder om te erken dat alles steeds afgestem bly op plundering.

Die openbare drama van “spanning” binne ANC-geledere word steeds voorgehou as die stryd tot herstel van Nelson Mandela se drome vir ʼn reënboog bestaan – ʼn raak beskrywing van ʼn onbereikbare kommunistiese utopia

Die spanning wat wel bestaan is bloot die tradisionele magstryd om beheer, terwyl die ANC-masjien voortgaan met die sistematiese plundering van die land.

Die spanning wentel bloot om wie die grootste deel van die gesteelde koek kry …

MAAR die openbare drama was uit die staanspoor deeglik beplan en presies opgevoer:

In die openbaar het Ramaphosa verklaar dat korrupsie oopgevlek en skuldiges vervolg sal word.

Hierin was die (getransformeerde) regbank gekoöpteer en die Zondo-kommissie in die lewe geroep.

Terwyl die kommissie ʼn redelik getroue weergawe van korrupsie blootlê, werk die ANC propaganda masjien, prominente rolspelers soos Brian Molefe, en die hoofstroom pers saam om die kanker te probeer beperk tot die Zuma jare.

Die blaam word altyd erken, maar dan gekwalifiseer – “nalatenskap”, “ek het nie geweet nie”, “ons het nie gedink nie …”

Dit het redelik suksesvol die aandag afgelei van die inherent korrupte DNA van die ANC self.

Zuma se rol was om as swartskaap die blaam op homself te neem, natuurlik met gepaste besware – hy is ty den ruimte gegun om sy slagofferskap te bou.

Daar is meer as voldoende getuienis om, in wese, die hele Zuma-administrasie te vervolg.  Die bewyse is tot groot mate onweerlegbaar vir enige objektiewe persoon.

Hierdie bring ons by die hoogtepunt van die drama.

Met voldoende bewyse, onweerlegbare skuld, moes die reg sy verloop neem!

Na letterlik ʼn dekade van aandrang op sy reg, op “my day in court”, skop Zuma egter sy hakke in.

Anders as wat in die pers berig word, is dit nie ʼn geval van die laaste desperate pogings van ʼn skuldige rower nie.

DIT IS DIE SUBTIEL GEREDIGEERDE EINDSPEL OM STAATSKAPING TE WETTIG.

Toe Zuma se eerste minagting oorgesien was, toe sy openlike minagting van die reg deur die GETRANSFORMEERDE regbank straffeloos toegelaat word, is ʼn presedent geskep.

            ELKE KORRUPTE AMPTENAAR EN POLITIKUS IS VERHEWE BO DIE REG!

Gelykheid voor die reg is ʼn onmisbare hoeksteen van ons (voormalige) regstelsel.

Ten beste kan sake voortaan voor die hof gebring word.

Maar aangesien die hoogste hof in SA Zuma ter wille bly, mag elke toekomstig aangeklaagde op dieselfde presedent aandring om in wese nie vervolg te word nie.

DIT was Ramaphosa, Zuma, Zondo en die ANC-regbank se WARE doel.

Om SA se regstelsel te Afrikaniseer …

Die rede is self-beskerming van die binnekring en die de facto wettiging van mag-is-reg onder beskerming van die (getransformeerde) regbank.

Want in die oë van die internasionale gemeenskap moet die REG verloop – ongeag of daardie reg verdraai en misplaas is.

Dit is in die finale ontleding dan wel duidelik:

Ramaphosa was inderdaad ʼn terugkeer na die WARE kommunistiese en magsdronk ideale van Nelson Mandela – geweldenaar, leunaar en plunderaar.