Die Prins se Vreemde Gedrag

Die hertog van Sussex en sy vrou, die hertogin, het ekele dae tevore ʼn opspraakwekkende onderhou gehad met die Amerikaanse vrou, Oprah Winfiey.

Die besondere uitsprake wat Hertog Harry gemaak het, het Britte se wenkbroue die hoogte laat inskiet.

Harry het verwys na die klaarblyklike opmerking van iemand in die paleis oor die egpaar se eersteling se velkleur, en gesê dit is die een opmerking wat dui op rassisme en was die finale gebeurtenis wat hulle laat besluit het om te vertrek en ʼn nuwe heenkome te vind.

Dit is bekend dat Harry die bynaam “gyselaar” verwerf het onder werkers in die paleis, wat ʼn aanduiding is dat alles nie pluis is nie.

In reaksie op die aangeleentheid oor rassisme, het die adellikes in ʼn verklaring gesê die saak word ondersoek, maar talle Britte is van mening dat Harry eers die saak met die koninklikes moes bespreek het voor hy dit openbaar gemaak het.

Die verklaring wat deur die paleis uitgereik is, stel dit dat die klag van rassisme ondersoek sal word en dat die egpaar steeds geliefdes van die familie is.

Intussen is verneem van n TV aanbieder in Brittanje wat sy werk verloor het omdat hy van mening is die hertogin het nie die waarheid gepraat in die onderhoud met Winfrey nie. Hy het na die tyd verklaar dat hy steeds nie glo sy het die waarheid gepraat nie, al is hy ontslaan uit sy pos.