Die posbekleërs sonder wilskrag

ʼn Onafhanklike arbeidskonsultant sê die afgelope 25 jaar se ervaring van duisende posbekleërs sonder ervaring en voldoende kwalifikasies beskik ook nie oor die wilskrag om Suid-Afrika te besuur tot voorspoed nie.

 Die wilskrag om die immuniseringveldtog suksesvol te dryf, ontbreek as daar gelet word op een enkele aspek:

Daar is kwalik 9 maande van die jaar oor, en van die beloofde 40 miljoen wat ingeënt sal wees teen einde Desember, is 39,8 miljoen wagtende om geïmmuniseer te word.

Die bevolking gaan n enorme verrassing kry. Teen die tempo wat die veldtog tans gedryf word, gaan dit sowat 20 jaar neem om die 40 miljoen in te ent, en teen daardie tyd het die bevolking moontlik met nog sowat 10 miljoen vermeerder en het almal al vergeet wat is koronavirus.

Die slakkepas van die ANC regering is egter niks nuut nie, want daar is bitter min voorbeelde van hoe enige projek vinnig en doeltreffend afgehandel is.

Die kommer bestaan ook dat die inenting so stadig gaan verloop dat die sterftes die hoogte in skiet en dat dit nie eens voldoende rede sal wees om die regering te dwing tot vinniger optrede.