Die OB kry meer steun

Dit is nie net Ace Magashule wat sy invloed gebruik het om meer steun te werf vir die Openbare Beskermer, Busissiwe Mkhwebane, nie, want die Rooi brigade is ook met sy veldtog besig om die omstrede vrou in haar post e behou.

Die ondersteuners is hoofsaaklik uit die kamp van die Rooies en die Zuma-ondersteuners, waarvan Magashule, as Sekretaris-Generaal van die ANC, alles moontlik doien om die OB te ondersteun.

Die klein party, die African Transformation Movement het ook die afgelope naweek hulle steun aan Busissiwe Mkhwebane gegee in ʼn verklaring waarin gesê is hulle verwerp die mosie van wantroue wat yeen die Openbare Beskermer gestel word deur die amptelike opposisie.

Die OB roem daarop dat sy ʼn skoon oudit-verslag gehad het, wat ook ʼn eerste is in die afgelope 25 jaar, maar kenners reken dit is waarskynlik nie voldoende om haar in die pos aan te hou nie weens die menige hofsake wat sy verloor het met verslkae wat opgestel is en deur beskuldigdes teengestaan is.

Die verdeeldheid in Luthuli Huis oor die toekoms van die OB, kan daartoe lei dat sy selfs ʼn stemming in die parlement kan oorleef, word gesê.