Die “gyselaar” was ʼn hertog

Die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en sy nieblanke eggenoot, is fyn dopgehou deur die koninklike huis se personeel, en die hertog het uiteindelik die vreemde bynaam gekry.

Personeel het reeds voor die troue tussen die twee gesien hoe die wind waai, en Harry die bynaam van “die gyselaar” gegee nadat dit duidelik geword het dat hy deur die hertogin oorheers word.

Alhoewel die koninklike familie gepoog het om so min as moontlik oor die verwydering tussen die familie en Harry bekend gemaak het, was dit werkers wat waargeneem het dat alles nie pluis is tussen Koningin Elisabeth en Meghan nie.

Bewerings is gemaak dat die koninklike familie se houding teenoor die vrou van Harry sou verander met die geboorte van hulle eersteling, maar dit het geen goeie resultate gelewer nie.

Meghan se onvermoë of klaarblyklike onwilligheid om die tradisies van die koninklikes na te kom, was die eerste probleem wat tot ernstige spanning gelei het en uiteindelik die finale verwydering as deel van die koninklike familie teweeggebring.