Die euwel van die sosiale netwerk

Die Vryburger se redaksie het kennis geneem van die media berigte waarin die wonder wêreld van die sosiale netwerk opgetower word terwyl die gif verbloem word.

Die magtige media het bepaalde voordele vir sakelui en entrepreneurs, en die aanvanklike bedoeling om ook vriende op te spoor en te kommunikeer met honderde ander mense, was sekerlik nie verkeerd bedoel nie.

In die afgelope paar jaar het regerings die gevaar raakgesien, en sekere lande het reeds beperkings op die sosiale netwerke geplaas ter beskerming van hulle inwoners en in besonder teen hulle kinders.

Die koms van die uitbreidings op die slimfoon wat mense toelaat om gratis met mekaar telefonies te gesels is by verre ʼn beter en veiliger metode wat kinders kan gebruik. Daardie gebruik behoort egter ook met ouers se kontroles toegelaat te word, maar dit is die een stelsel van die hedendaagse tegnologie wat veel groter rustigheid by ouers kan bring is die verderflike sosiale netwerk waar vreemdelinge mekaar beledig, beswadder, en selfs met skynheilige woordspelings sorg vir ontmoetings wat uiteindelik lei tot die verdriet van ouers.

Daar is ook die groter waarheid, en dit is die vreugde van kind wees deur nog sonder tegnologies gevorderde toerusting, met mekaar te speel en te lag om die ryke seën van natuurlike ontwikkeling te bevorder