Die entstof regte bestaan nie

Daar bestaan geen wet, plaaslik of internasionaal, wat bepaal dat immunisering entstof slegs deur die owerheid van ʼn land gekoop en versprei mag word nie.

Benewens die feit, is daar ook die moontlikheid dat die ANC regering sy beskikbare entstof so sal indeel dat swartmense bevoordeel word bo blankes, sê politieke ontleders.

In die lig hiervan is dit dus wenslik, en ook moontlik, dat ander instansies uit die privaat sektor, ook entstof mag aankoop, versprei en toedien.

Hoe prakties uitvoerbaar dit is, word deur ontleders verskillend benader, maar minstens is daar nie ʼn verbod wat bepaal dat privaat instansies nie entstof vir die koronavirus mag aankoop nie.

Die bewering is gemaak dat vervaardigers verkies om met owerhede van lande sake te doen, en daarvoor word aangevoer dat die owerheid se betaling sekerheid gee, en die bestellings aansienlik groter is as wat privaat instansies sou kon plaas.

Kenners wys egter daarop dat instansies soos Mynhuise kan saamspan en self ook duisende dosisse aankoop en selfs vooruit daarvoor betaal, maar of die staat die geld aan die mynhuis sal terugbetaal, en wanneer, is die kwelvraag.