Die e-bromponie toe nie gevaarlik

Alhoewel daar nog by sommige mense bedenkinge bestaan, het statistieke getoon dat die e-bromponie, (wat nie brom nie), minder gevaarlik is as wat verwag is.

Die gegewens is vrygestel na een jaar van gebruik deur mense in Duitsland wat met die e-bromponie die strate van stede en dorpe deurkruis.

Meningsvormers sê die nuwe ryding is minder gevaarlik as openbare vervoer, veral as die treine of busse vol gepak is van werkers, en ʼn ongeluk vind plaas.

Gedurende 2020 was e-bromponies betrokke by slegs 1% van die totale aantal padongelukke in Duitsland, terwyl ander vervoermiddels, van fietse tot busse se ongeluk syfers aansienlik hoër is.

Net meer as 2 duisend, of 0,8% van die meer as 26,000 ongelukke wat gedurende die jaar in Duitsland aangeteken is, was e-bromponies betrokke.

Die e-bromponie, wat elektries aangedrewe is, en byna geruisloos is, is ook omgewing vriendelik deur nie enige gasse af te skei nie, en het baie vinnig ʼn gewilde vervoermiddel geword.

Volgens die polisie rekords was daar vir dieselfde tydperk meer as 91,000 ongelukke waarby trapfietse betrokke was.

Op die foto is ʼn afbeelding van die meer luukse e-bromponie wat deur BMW vervaardig word.