Die belastingbasis – is SA se belasting inherente rassisties?

Sekerlik die grootste fiskale onreg in SA is die kwynende belastingbasis –

WAT WEENS POLITIEKE OORWEGINGS KUNSMATIG KLEIN GEHOU WORD.

Tans betaal minder as 5 miljoen individue inkomstebelasting …

SAID fokus jaar-na-jaar meer aandag op hierdie groep.

In die agtergrond is daar egter die sogenaamde “township”- ekonomie.  Die regering se reddingsboeie aan klein- en mikro ondernemings het verlede jaar aan die lig gebring dat bykans geen van hierdie persone hul belastingplug nakom nie.

Syfers word nie bekend gemaak nie, maar ramings deur ondersoekende joernaliste stel hierdie poel om soveel as 19 miljoen individue.

Die versuim van die SAID om hierdie ontduiking te polisiëer word geensins verduidelik nie.

            Wat wel duidelik is, is dat belasting polisiëring geskied langs demografiese lyne.

Alle kritiek teen die huidige regering ten spyt, moet individue hulle beywer vir ʼn regverdige verspreiding van die belastinglas.

Na raming kan belastingkoerse sekerlik met soveel as 50% daal, bloot deur te verseker dat élke persoon met ʼn verdienste hul regverdige deel betaal.

Of moontlik het dit tyd geword om geheel nuut te dink oor persoonlike belasting in Suid-Afrika?

ʼn Per-capita belasting sal ʼn baie meer regverdige verspreiding van die belastinglas verseker – daardeur sal die getalle-oorwig aandrang vir (sogenaamd) gratis dienste ʼn regverdige deel van die koste moet betaal.

Kortings kan ingestel word vir spesifieke diensterreine, waar belatingbetalers ʼn per capita betalings-korting kan geniet.

So byvoorbeeld kan ʼn vasgestelde bedrag per kind vir onderwys vasgestel word; ouers tevrede met openbare skole, betaal dan nie skoolgeld nie, maar ouers wat gehalte onderrig voorstaan, ontvang belasting subsidie – elke kind is immers gelyk, aldus die regering.

Die belangrikste beginsel wat gevestig moet word is GEEN DIENSTE SONDER BETALING VAN BELASTING NIE.