Derde pandemie kan begin

Duisende mense wou die ter aarde bestelling van die Zoeloe koning bywoon, en daarvan sou die grootste aantal geen inperkings maatreëls gehoorsaam nie.

Die massa byeenkoms van mense wat eer wou betoon is egter verbied daartoe, en die familie het aangekondig dat ʼn beperkte aantal mense die begrafnis mag bywoon.

Indien ʼn groot klomp mense toegelaat sou word,  kan dit lei tot die eerste beweging om die derde koronavirus pandemie te ontketen, en dit sal waarskynlik gevoed word gedurende die Paasnaweek in April wanneer derduisende mense sou wou saamkom in die Verre Noord-Transvaal gebied.

Die beweging na Vlak 1 het die hoop laat opvlam dat kerke van Christen gelowiges weer ten volle kan funksioneer, maar die regime het nog steeds ʼn beperking geplaas op gemeentes, terwyl hulle ook ernstig geraak word op finansiële gebied indien lidmate nie die eredienste kan bywoon nie.