Dag van bloed in Mianmar

Die veiligheidsmagte in Mianmar het Saterdag 113 mense koelbloedig doodgeskiet waarvan talle kinders is wat deelgeneem het aan die pro-demokrasie optog om die vrylating van die wettig verkose premier vrygelaat te kry uit die tronk.

Die is die bloedigste dag sedert die generaals die regering omvergewerp het in Februarie vanjaar toe ʼn staatsgreep uitgevoer is.

Die afgryslike optrede wat onder bevel van militariste uitgevoer is, word wereldwyd veroordeel nadat dit bekend geword het dat die weermag met vegvliegtuie lugaanvalle uitgevoer het op die protesteerders in een van die kleiner dorpies.

Senior Generaal Min Aung Hlaing, leier van die leier van die onwettige regering, het tydens die land se Weermag Dag gesê die militere regering sal die mense van die land beskerm, en sal streef na die vestiging van demokrasie, maar die pro-demokrate maak dit af as politieke leuens.