Covid infeksies slaan Frankryk

Te midde van die Franse regering se pogings om die infeksie van koronavirus te beperk, het die land nou rekord getalle binne 24 uur bygekry.

Vir ʼn eerste keer sedert die begin van die pandemie, het Frankryk binne 24 uur 30,303 nuwe infeksies geregistreer.

Bykans 4,000 mense met infeksie is opgeneem in hospitale se Hoësorg eenheid en die verwagting is dat pasiënte sowat 5 tot 6 dae in die afdeling van hospitale versorg word voor hulle oorgeplaas kan word na gewone sale vir versorging.

Alhoewel die Minister van Gesondheid weekliks verslag doen van die status met koronavirus, word geen kommentaar gelewer oor die geweldige skerp toename in nuwe infeksies nie, en word kommer uitgespreek dat Frankryk hierdie pandemie erger gaan ondervind as die eerste een.

Ingeligte bronne sê die hospitale in Parys is oorlaai van koronavirus pasiënte en ernstige kommer bestaan dat die situasie nog verder kan versleg.