Covid entstof navorsing se positiewe kant

Wetenskaplikes en navorsers beweer dat die ontwikkeling van ʼn entstof teen die Covid-19 koronavirus, het positiewe gevolge vir die navorsing om ʼn entstof te ontwikkel teen HIV virus wat Vigs veroorsaak.

Die navorsers regoor die wêreld, sê die toetse is reeds onderweg, meer die werk om ʼn entstof te ontwikkel teen die HIV virus, gaan onverpoosd voort en Serawit Bruck-Landais, die direkteur van navorsing by Sidaction(Franse welsyn organisasie) sê die navorsing wat gedoen is om uiteindelik ʼn doeltreffende middel teen die koronavirus te vind, is ten nouste verbind aan navorsing vir die daarstelling van ʼn entstof teen HIV.

Alhoewel navorsing vir die ontwikkeling van ʼn entstof teen HIV tydens die afgelope jaar byna tot stilstand gekom het weens die koronavirus pandemie, het dit positiewe reaksie ontlok by wetenskaplikes wat nou met die kennis oor die koronavirus, nuwe metodes van navorsing gaan ontwikkel.